JUNIOR LANDBOU-EKONOOM - Kimberley Verfied

Salary Negotiable Kimberley, Northern Cape Kimberley, Northern Cape more than 14 days ago 20-06-2022 2:21:44 PM
19-07-2022 9:52:52 AM
Ten einde die operasionele kapasiteit van georganiseerde landbou in die Noord-Kaap
verder uit te brei, beskik Agri Noord-Kaap oor die volgende uitdagende pos vir ‘n
dinamiese, energieke, georganiseerde en selfgedrewe individu.

JUNIOR LANDBOU-EKONOOM
KIMBERLEY

Vereistes:
- Vereistes vir aanstelling is ‘n toepaslike graad in Landbou-ekonomie of ‘n toepaslike
tersiêre kwalifikasie om in die landbou-omgewing werksaam te wees, ondersteun deur minstens 2 jaar bewese ervaring in die landbou-omgewing met die vermoë om in ‘n adviserende hoedanigheid te funksioneer.
- Hoogs-effektiewe gesproke en geskrewe kommunikasievaardighede.
- Uitstekende interpersoonlike vaardighede met ‘n pro-aktiewe aanslag.
- Bogemiddelde fasiliteringsvaardighede met ? goedgevestigde professionele vakspesifieke ondersteuningsnetwerk.
- Die vermoë om navorsing te doen en inligting te interpreteer.
- Vlotheid in Afrikaans en Engels.
- Rekenaargeletterdheid in MS Office.
- ‘n Geldige rybewys met eie betroubare vervoer.

Sleutel verantwoordelikhede behels:
- Administrasie en kommunikasie betrokke aan die funksie van ekonomie.
- Skakeling met organisasies op ‘n wye front waaronder owerheidsinstansies, nie-regeringsorganisasies, landbou-besighede, die privaatsektor en lede en oordra van inligting en standpunte.
- Lewering van vakkundige en administratiewe insette aan Agri Noord-Kaap.

Die pos is gesetel in Kimberley en die posbekleër rapporteer aan die Hoofbestuurder van Agri Noord-Kaap. Die pos vereis dat die posbekleër gereeld sal reis.

Diensaanvaarding: Augustus 2022

In ruil word ‘n onderhandelbare vergoedingspakket aangebied.

Belangstellendes kan aansoek doen deur ‘n aansoekbrief en volledige CV met
verwysing JANK te stuur voor 29 Junie 2022