JUNIOR PRODUKSIEBESTUURDER(MLBP) - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 27-11-2019 10:20:40 AM
20-01-2020 1:34:15 PM
Hierdie nuut gelisensieerde , slegs een van drie goed gekeurde medisinale Cannabis-plase in SA, wat deel vorm van die Carpe Diem Groep naby Upington in die Noord-Kaap, beskik oor die volgende posisie vir ‘n dinamies, energieke persoon met ‘n passie vir boerdery om by hulle produksie span aan te sluit:

JUNIOR PRODUKSIEBESTUURDER: CANNABIS
STRAUSSBURG OMGEWING

Vereistes:
- Aansoeke word in gewag van persone wat oor goeie bestuurspotensiaal beskik, ondersteun deur minimum 2 jaar boerdery ondervinding.
- Kandidate met ‘n Elsenburg diploma of soortgelyk of kruie ondervinding sal voorkeur geniet.
- Kennis van werwing, motivering en opleiding van arbeid vir effektiewe uitvoer van produksie-aktiwiteite is verdere vereistes.
- Goeie menseverhoudinge, kommunikasievaardighede
- Bo-gemiddelde rekenaarvaardigheid in MS Office is ook van belang.

Pligte sal onder meer behels:
- Bestuur van produksie cannabis eenheid in koördinering met produksiebestuurder, wat insluit alle aspekte van arbeids, besproeiing-, tegniese- en gehaltebestuur.

Die suksesvolle kandidaat sal n markverwante vergoedingspakket met voordele eie aan die bedryf ontvang.

Alle aansoeke sal streng vertroulik hanteer word.

Stuur u volledige CV, met verwysing MLBP voor 6 Desember 2019