JUNIOR PRODUKSIEBESTUURDER(OOJP) - Prieska Verfied

Salary Negotiable Prieska, Northern Cape Prieska, Northern Cape more than 14 days ago 15-12-2020 12:55:05 PM
09-02-2021 12:55:05 PM
Hierdie 150 ha besproeiingsboerdery wat bestaan uit 100 ha pekanneute en 40 ha wyn-en- rosyntjie druiwe in die Boegoeberg distrik beskik oor 'n geleentheid vir 'n junior bestuurder om Hoofbestuurder te assisteer.

JUNIOR PRODUKSIEBESTUURDER- (PEKANNEUT/ WYN-/ ROSYNE DRUIWE)
BOEGOEBERG OMGEWING

Vereistes:
- Aansoeke word in gewag van persone wat oor goeie bestuurspotensiaal beskik, ondersteun deur minimum 3 jaar boerdery ondervinding.
- Kandidate met ‘n tersiêre kwalifikasie sal voorkeur geniet.
- Kennis van werwing, motivering en opleiding van arbeid vir effektiewe uitvoer van produksie-aktiwiteite
- Goeie rekenaarvaardighede in MS Office
- Kennis van GLOBALGAP
- Basiese meganiese kennis en agtergrond.

Pligte sal onder meer behels:
- Bestuur van plaas onder die toesig van die Hoofbestuurder
- Produseer van topgehalte rosyne, wyndruiwe en pekanneute
- Uitvoer van jaarlikse bestuursplanne binne goed gekeurde begrotings
- Instandhouding van toerusting, geboue en implemente, besproeiing-/ bemesting skedules en lesings asook die rekordhouding van data.

Die suksesvolle kandidaat sal ? markverwante vergoedingspakket met voordele eie aan die bedryf ontvang.

Alle aansoeke sal streng vertroulik hanteer word.

Stuur u volledige CV, met verwysing OOJP voor 4 Januarie 2021