JUNIOR PRODUKSIEBESTUURDER: PEKANNEUT-/WYN-/ROSYNEDRUIWE - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 01-04-2020 2:39:22 PM
12-05-2020 11:32:54 AM
Hierdie 150 ha besproeiingsboerdery waarvan 100 ha pekanneute is en 40 ha wyn-en- rosyntjie druiwe is in die Boegoeberg distrik beskik oor 'n geleentheid vir 'n junior landbou bestuurder om Hoofbestuurder te assisteer.

JUNIOR PRODUKSIEBESTUURDER: PEKANNEUT-/ WYN-/ ROSYNEDRUIWE
BOEGOEBERG DISTRIK

Vereistes:
- Minimum van 3 jaar se ondervinding in die bestuur van n boerdery eenheid met boorde/wingerde.
- n Formele landbou kwalifikasie sal n sterk aanbeveling wees.
- Goeie rekenaarvaardigheid vir rekordhouding en die skedulering en kommunikasie.
- Ondervinding met GLOBALGAP sal ook n kandidaat se posisie versterk.
- Meganiese oes en snoei , geskikte kandidaat sal n baie sterk meganiese aanlê moet wees
- Uitstekende menseverhoudings en die vermoë om mense produktief te laat werk is n definitiewe voorvereiste.

Pligte en verantwoordelikhede gaan insluit:
- Die bestuur van plaas onder die toesig van die Hoofbestuurder.
- Uitvoer van jaarlikse bestuursplanne binne die goedgekeurde begrotings en rapportering van die vordering.
- Die werf, keur, bestuur en ontwikkel van die arbeid op die plaas, beide die permanente en die seisoenale werkers.
- Instandhouding van alle toerusting en geboue en die beplanning van toerusting behoeftes, vervoer van die mense en produkte van die plaas.
- Neem van besproeiingskedulerings lesings, instandhouding van die sisteem, interpreteer en toepas van die data en kontroleer daarvan deur fisiese, in die boord kontrolering.
- Hand snoei van die wingerd (goeie wingerd produksie kennis is belangrik) op gewel en T- kappe vir optimum produksie
- Produseer van top gehalte wyndruiwe en rosyntjies .
- Meganiese snoei en hand snoei van pekan bome, oplei van die pekanneute en goeie verstandhouding van pekanneut bome.
- Beplan van spuit programme en uitvoer van die monitering en beheer van die programme en die bemesting sowel as blaarvoeding saam met bestuur.
- Onkruidbeheer.
- Rapportering is skriftelik en telefonies en is gemik daarop om die papierwerk te beperk maar effektief rekord te hou

Om aansoek te doen, stuur CV met verwysing OOJP