JUNIOR REKENMEESTER - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 03-10-2019 9:33:23 AM
13-11-2019 12:23:13 PM
Hierdie gevestigde tafeldruif boerdery en rosyne aanleg in die Straussburg omgewing beskik oor die volgende geleentheid vir ‘n dinamiese, energieke, selfgedrewe
kandidaat, as:

JUNIOR REKENMEESTER
STRAUSSBURG OMGEWING

Vereistes;
- Aansoeke van goed georganiseerde, presiese individue met bo gemiddelde syfervaardigheid, ondersteun deur B.Com of gelykwaardige kwalifikasie met voltooide klerkskap,
ondersteun deur 3 jaar ondervinding in, verkieslik ? landbou omgewing word ingewag.
- Goeie menseverhoudinge en kommunikasievaardighede
- Bo-gemiddelde rekenaarvaardigheid in Pastel en Excel
- Geldige rybewys beskik
- Vermoë om as deel van ‘n span te funksioneer.

Die suksesvolle persoon sal ondermeer verantwoordelik wees vir :
- Byhou van finansiële rekords en verslae
- Volle rekeningkundige funksie tot proefbalans
- BTW opgawes
- Byhou van bateregister
- Rekenkundige hantering van voorraad en prosessering van bestuursrekenkundige funksies
- Algemene finansiële administrasie.

Daar word ? mededingende vergoedingspakket gekoppel volgens kwalifikasie en ondervinding.

Stuur u volledige CV met verwysing MCDR voor 11 Oktober 2019