KANTOORBESTUURDER/BEMARKINGBESTUURDER - Kuruman Verfied

Salary Negotiable Kuruman, Northern Cape Kuruman, Northern Cape more than 14 days ago 03-09-2021 1:52:59 PM
29-10-2021 1:52:59 PM
Hierdie bees & gemengde boerdery wat spesialiseer in die produsering van aartappels in die Kuruman/ Vryburg omgewing, beskik oor die volgende posisie vir ‘n self gedissiplineerde kandidaat wat onafhanklik kan funksioneer as:

KANTOORBESTUURDER/ BEMARKINGSBESTUURDER
KURUMAN/ VRYBURG OMGEWING

Vereistes:
- Ons wag op aansoeke van goed georganiseerde, presiese individue met minstens 5 jaar ondervinding in die bestuur van ‘n kantoor, verkieslik in ‘n landbou omgewing.
- Kandidate met ‘n finansiële kwalifikasie sal voorkeur geniet.
- Finansiële ondervinding asook die doen van lone
- Goeie rekenaarvaardigheid in Sage One Accounting & MS Office en Afriklok loon stelsel.

Die suksesvolle persoon sal verantwoordelik wees vir:
- Die volle bestuur van die kantoor wat insluit maandelikse ten boekstelling van alle finansiële transaksies
- Indien van verslae by SARS soos per regulasies
- Onderhou van diesel beheerstelsel
- Bestuur en aankope van plaaswinkel
- Aankope van aartappel saad soos nodig
- Beheer en kontroleer van pakmateriaal in aartappel oesseisoen
- Skeduleer en organiseer met mark agente voorraad soos per aanvraag
- Bemarking van aartappels en beeste
- Algemene administratiewe take.

Daar word ‘n mededingende vergoedingspakket aan die pos gekoppel.

Stuur CV, met verwysing MMGK, voor 8 September 2021