KOMMERSIËLE VERTEENWOORDIGER - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 10-09-2019 9:42:49 AM
05-11-2019 9:42:49 AM
Hierdie Suid- Afrikaanse vervaardiger, groothandelaar en verspreiders van kwaliteit beligting-, elektriese & elektroniese produkte en oplossings, beskik oor ‘n posisie vir ‘n dinamiese, energieke persoon met dryf om deel te raak van hul suksesspan:

KOMMERSIëLE VERTEENWOORDIGER
UPINGTON OMGEWING

Vereistes:
- Ons wag op aansoeke van vriendelike individue met goeie menseverhoudinge, bo-gemiddelde kommunikasievaardighede en minimum van 3-5 jaar bemarkingsondervinding,
terwyl uitgebreide tegniese en elektriese ondervinding as aanbeveling sal dien.
- Goeie rekenaarvaardigheid in MS Office en Excel
- Vermoë om onafhanklik te opereer en te reis.

Die suksesvolle persoon sal ondermeer verantwoordelik wees vir die:
- Daaglikse verkope en bemarking van kommersiële produkte
- Diens van huidige kliëntebasis asook uitbreiding in area met nuwe geleenthede
- Ontwerp van solar sisteme volgens kliënt behoeftes
- Voorsien van tegniese advies op kommersiële installasies
- Bereik van voorgestelde doelwitte en teikens, asook die voltooiing van kliënt assesserings deur middel van akkurate inligting versameling op konstruksie area.

Daar word ? markverwante vergoedingspakket met insentiewe en voordele aan die pos gekoppel.

Stuur volledige CV, met verwysing OEKV voor 22 September 2019