KWALITEITSBESTUURDER(MCDKB) - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 03-07-2019 12:47:23 PM
28-08-2019 12:47:23 PM
Hierdie gevestigde rosynefabriek / tafeldruif- en rosyne boerdery naby Upington in die Noord-Kaap beskik oor die volgende uitdagende posisie as beroepsgeleentheid in hul bestuurspan.

KWALITEITSBESTUURDER
STRAUSSBURG OMGEWING

Vereistes:
- Persone met voltooide studies in die voedselwetenskap- / tegnologie rigting of gelykwaardige kwalifikasie of deeglike uitgebreide praktiese ondervinding van minstens 5 jaar in
kwaliteitsbestuur in 'n soortgelyke bedryf, kan aansoek doen.
- Goeie rekenaarvaardigheid in MS Office
- Goeie menseverhoudinge en kommunikasievaardighede
- Bo-gemiddelde kennis van HACCP / BRC / GLOBALGAP gehaltebestuurstelsels.
- Die suksesvolle persoon moet oor 'n sterk persoonlikheid beskik, stelselgerig wees, ‘n spanspeler wees en sterk onafhanklik kan funksioneer.

Die suksesvolle persoon sal hoofsaaklik verantwoordelik wees vir:
- Die bestuur en instandhouding van kwaliteit-en voedselveiligheidstelsels en standaarde, kwaliteitsbeheer en naspeurbaarheid op alle produkte asook die implementering van organiese- en supermark oudits.

Daar word ‘n markverwante vergoedingspakket met voordele eie aan die bedryf aan die pos gekoppel.

Alle aansoeke sal streng vertroulik hanteer word.

Stuur u volledige CV, met die verwysing MCDKB voor 15 Julie 2019