KWALITEITSBESTUURDER - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 10-12-2019 11:10:46 AM
04-02-2020 11:10:46 AM
Hierdie gevestigde rosyne fabriek naby Upington in die Noord-Kaap beskik oor die volgende uitdagende posisie as beroepgeleentheid as deel van hul bestuurspan.

KWALITEITSBESTUURDER
STRAUSSBURG OMGEWING

Vereistes:
- Persone met voltooide studies in die voedselwetenskap- / tegnologie rigting of gelykwaardige kwalifikasie of deeglike uitgebreide praktiese ondervinding van minstens 5 jaar in kwaliteitsbeheer in 'n soortgelyke bedryf, kan aansoek doen.
- Goeie rekenaarvaardigheid in MS Office
- Goeie menseverhoudinge en kommunikasievaardighede
- Bo-gemiddelde kennis van ‘n voedsel veiligheid en kwaliteitstesel, o.a. HACCP / BRC.
- Die suksesvolle persoon moet oor 'n sterk persoonlikheid beskik, stelselgerig wees, deeglik en akkuraat wees, ‘n spanspeler wees en onafhanklik kan funksioneer.

Die suksesvolle persoon sal hoofsaaklik verantwoordelik wees vir:
- Regulatoriese, BRC standaard en kliënt vereistes te verstaan en toe te pas.
- Toesien dat produk volgens spesifikasies gepak word en hantering van kliënt verwante prosesse.
- Toesien dat rou materiale voldoen aan vereistes.
- Naspeurbaarheid van alle produkte.
- Onderhoud, hersiening en verbetering van kwaliteit-en voedselveiligheidstelsels.

Daar word ‘n markverwante vergoedingspakket met voordele eie aan die bedryf aan die pos gekoppel.

Alle aansoeke sal streng vertroulik hanteer word.

Aanvangsdatum: 1 Februarie 2020

Stuur u volledige CV, met die toepaslike verwysing MCDKB voor 20 Desember 2019