LANDBOUCHEMIESE AGENTSKAP(NK) - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 02-12-2020 9:11:17 AM
27-01-2021 9:11:17 AM
Daar is tans n Landbouchemiese Agentskap in die Benede Oranjerivier (Noord-Kaap) beskikbaar vir selfgedrewe, dinamiese entrepreneurs by ‘n vooraanstaande Nasionale verspreidings maatskappy van oes beskermings produkte.

?? Landbouchemiese agentskap is ‘n besigheid wat op sy eie in ‘n bepaalde landbougebied funksioneer. Elke area is uniek, waar spesifieke landbougewasse verbou word. Daar word van die suksesvolle entrepreneur verwag om die agentskap tot voordeel van alle belanghebbendes, insluitend kliënte en die maatskappy, volhoubaar te kan bestuur en ontwikkel. Bestaande gewas spesialiste, landboukundiges of oes beskermingskenners sal voorkeur geniet

LANDBOUCHEMIESE AGENTSKAP
NOORD- KAAP

Minimum vereistes:
- Minimum 5 jaar ondervinding in die landbouchemiese bedryf en/of ondervinding in spesifieke gewasse.
- Verkieslik ‘n B.Sc. Agric Graad of gelykwaardige kwalifikasie, met ten minste een van die volgende hoofvakke: Hortologie, Agronomie, Wingerdboukunde en/of Plantpatologie.
- AVCASA eksamen geslaag.
- Karaktereienskappe: Passie vir landbou, energiek, sukses gedrewe met uitstekende menseverhoudinge en kommunikasievaardighede op alle vlakke.
- Moet onafhanklik kan werk (selfdissipline, beplanning en tydsbestuur)
- Ingesteldheid van uitstekende dienslewering aan klante en kliënte
- Vlot in Afrikaans & Engels
- Kode 08 rybewys.

Uiters mededingende kommissie stelsel word aangebied.

ALLE AANSOEKE SAL STRENG VERTROULIK HANTEER WORD.

Stuur ‘n motiverings dekbrief met volledige CV en verwysing NOORD-KAAP voor 24 Desember 2020