LANDBOUKUNDIGE BESTUURDER - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 16-09-2020 9:03:36 AM
11-11-2020 9:03:36 AM
Hierdie nasionale droë vrugte rolspeler in Upington beskik oor die volgende geleentheid vir ‘n dinamiese, selfgedrewe, sterk analitiese persoon as:

LANDBOUKUNDIGE BESTUURDER
UPINGTON AREA

Vereistes:
- Die suksesvolle kandidaat moet ‘n beskik oor ‘n toepaslike landboukundige graad, ‘n mens-mens wees met bo-gemiddelde kommunikasie- en rekenaarvaardighede in MS Office. - Sterk landbou- en / of rosyne agtergrond en kennis, ondersteun deur goeie kennis van die Oranje-rivier gebied met bewese betrokkenheid in die boerdery gemeenskap.
- Gewilligheid om te reis, sterk organiserings-, administratiewe- en voorleggings vaardighede, asook projekbestuursvaardighede vorm ook deel van die vereistes vir hierdie
uitdagende posisie.

Die suksesvolle kandidaat sal onder meer verantwoordelik wees vir die volgende sleutel prestasie areas:
- Voorsien van tegniese- / ekonomiese- en verbouings praktyk riglyne
-Vorligting aan produsente
- Jaarlikse ontleding van produsente prestasies
- Verkryging en kontraktering van gedroogde wingerdvrugte
- Evaluering van nuwe kultivars tov verbouing en gradering
- Evaluering van meganisasie van die droogbedryf
- Fokus op ontwikkeling van organiese produk \
- Opleiding en hulp aan produsente met PPECB droogbaan oudits, asook die voltooiing van SQA vorms.

Daar word ‘n bo-gemiddelde vergoedingspakket met voordele eie aan die bedryf, aan pos gekoppel.

ALLE AANSOEKE SAL STRENG VERTROULIK HANTEER WORD.

Rig u volledige CV met verwysing MLBP voor 25 September 2020