LONE-/AKKREDITASIE BESTUURDER - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 19-05-2022 8:26:05 AM
09-06-2022 7:31:24 AM
Hierdie gevestigde boerdery wat spesialiseer in die produsering van
rosyndruiwe, beskik oor die volgende posisie vir ‘n self gedissiplineerde kandidaat wat onafhanklik kan funksioneer as:

LONE- / AKKREDITASIE BESTUURDER
UPINGTON OMGEWING

Vereistes:
- Ons wag op aansoeke van energieke, presiese individue met minimum 3 jaar ondervinding in lone, asook voorbereiding en oudits van gehaltebestuurstelsels binne ‘n boerdery opset.
- Goeie menseverhoudinge en goeie kommunikasievaardighede
- Bo-gemiddelde rekenaarvaardigheid in Donkerhoek Data en MS Office
- Kennis van spesifieke gehaltebestuurstelsels en akkreditasies soos GLOBALGAP / SIZA / HACCP.

Pligte gaan onder meer insluit:
- Voorbereiding en doen van lone.
- Volle bestuur van stelsel / akkreditasie afdeling.
- Voorbereiding van en verbeterings aan gehaltebestuurstelsels.
- Voorbereiding van oudit-lêers.
- Doen van pre-oudits.
- Algemene personeeladministrasie en ander administratiewe take soos van pos vereis.

Aansoeke met ‘n toepaslike tersiêre kwalifikasie sal voorkeur ontvang.

Daar word ‘n mededingende vergoedingspakket aan die pos gekoppel.

Stuur volledige CV, met verwysing MLAB, voor 23 Mei 2022