Marketing and Communications Manager - Oudtshoorn Verfied

R 20 000 per month Oudtshoorn, Western Cape Oudtshoorn, Western Cape more than 14 days ago 12-09-2021 4:27:35 PM
07-11-2021 4:27:35 PM
Kunste Onbeperk is ’n nie-winsgewende organisasie wat jaarliks onder andere die Klein Karoo Nasionale Kunstefees; Klein Karoo Klassique; Teksmark; verskeie werkswinkels en programme as deel van die Kunste-Akademie; en in 2020 en 2021 ook ’n aanlyn fees aanbied. Die KKNK se missie is om die kunste te vier en uit te bou deur volhoubare platforms te skep en in stand te hou, en optimaal te belê in die skep en bestuur van unieke inhoud, met relevante projekte wat waarde tot ons gemeenskappe toevoeg. Vir meer inligting oor die KKNK besoek:

Die organisasie is op soek na ’n ervare bemarkings- en kommunikasiebestuurder wat alle bemarkingsaktiwiteite en kommunikasie met rolspelers vir Kunste Onbeperk se feeste, produksies en ander projekte kan bestuur en uitvoer. Die geskikte kandidaat moet uitgebreide bemarkingservaring hê en passievol wees oor die kunste. Ondervinding in die bemarking van teaterproduksies, feeste of kuns- en kultuuraktiwiteite sal tot voordeel van die kandidaat wees.

Ter versterking van strategiese leierskap in die implementering van Kunste Onbeperk se visie, moet die suksesvolle kandidaat o.a. die volgende sleutelprestasie-areas lewer:
• Ontwikkel en implementeer ’n geïntegreerde media- en bemarkingstrategie wat doeltreffend die korporatiewe identiteit en doelwitte ondersteun
• Ontwikkel en implementeer ? spesifieke sosiale media-strategie om deurlopende versterking van KKNK se blootstelling aan sosiale media platforms te verseker
• Neem beheer van die beplanning en implementering van bemarkingsveldtogte, -aktiwiteite en -projekte
• Verseker blootstelling en aktivering van veldtogte op verskeie gedrukte en digitale media
• Gee leiding aan en bestuur media en bemarkingspesifieke diensverskaffers
• Onderhandel met mediavennote vir waarde en koste-doeltreffende mediapakkette
• Bestuur en verseker die tydige lewering van essensiële elemente soos die feesgids, advertensies en bemarkingsmateriaal
• Bestuur effektiewe geteikende kommunikasie aan al die organisasie se rolspelers
• Behartig die skryf, taalversorging en vertaling van kopie en dokumente

Kwalifikasie:
• Graad 12, plus ’n toepaslike graad of diploma

Noodsaaklike ervaring:
• ’n Minimum van vyf jaar toepaslike werkservaring, spesifiek binne ’n bemakings- en/of verkope-milieu
• Bewese rekord van bemarking, reklame, publisiteit, funksie-koördinering en skakelwese
• Woordvoering
• ? Uitstekende begrip van digitale en sosiale media-platforms en vaardigheid in die doeltreffende aanwending daarvan
• Gebruik van toepaslike tegnologie vir bemarkingswerk
• Bestuur van ’n begroting
• Personeelbestuur
• Uitstekende gebruik van Afrikaans en Engels (praat en skryf)

Wesenlike ervaring:
• Ondervinding in die beplanning, bestuur of bemarking van teaterproduksies en feeste sal ’n voordeel wees
• Vermoë om die taalversorging van kopie en dokumente te behartig
• Kreatiewe denke
• Uitstekende organisering- en beplanningsvaardighede

Ander vereistes:
• Moet verantwoordelik, betroubaar en geloofwaardig wees
• Gesonde oordeel en besluitnemingsvermoë
• Besondere vermoë om werk optimaal onder druk te hanteer en onafhanklik te funksioneer
• Dienslewerings-ingesteldheid

Neem kennis dat Kunste Onbeperk se hoofkantoor in Oudtshoorn is en die suksesvolle kandidaat moet verkieslik in die Klein Karoo woon. Kandidate wat nie in die Klein Karoo woon of kan woon nie, sal wel oorweeg word, maar sal met tye wel in Oudtshoorn teenwoordig moet wees tydens die aanloop en verloop van projekte.

Alle plasings is in ooreenstemming met ons BEE-vereistes.


Die KKNK behou die reg voor om nie ’n aanstelling in die pos soos geadverteer te maak nie.