OPERASIONELE BESTUURDER - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 03-12-2019 8:14:29 AM
07-01-2020 10:15:28 AM
Hierdie verspreider van rouwater deur middel van ? uitgebreide 140 km kanaalstelsel in die Benede Oranjerivier Besproeiingsgebied met 3 hoofkanale en verskeie tak kanale
beskik oor die volgende uitdagende pos vir ? goed handvaardige kandidaat met goeie leiereienskappe, as:

OPERASIONELE BESTUURDER
KAKAMAS

Vereistes:
- Minimum vereistes vir die pos is ? toepaslike tegniese tersiêre kwalifikasie ondersteun deur minimum vyf jaar ondervinding in die werking van die water-infrastruktuur
- Operasionele bestuursvermoë
- Uitstekende mense bestuursvaardighede
- Die vermoë om onafhanklik te kan funksioneer.
- Die suksesvolle kandidaat moet dinamies, uitkomsgerig en ‘n planmaker wees met sterk tegniese agtergrond / vaardighede en sal aan die Hoof-uitvoerende Beampte rapporteer.

Sleutel verantwoordelikhede behels
- Kontrole oor en motivering van personeel
- Onderhoud & instandhouding van infrastruktuur nl. kanale, stuwalle, sluise asook meetstrukture
- Waterverdeling, watermeting en waterbeheer asook
- Kontrole en beheer oor voertuie, gereedskap en toerusting.

In ruil word ? mededingende vergoedingspakket aangebied.

Hierdie Watergebruikersvereniging is ? gelyke geleenthede werkgewer.

Indiensnemingsdatum: Januarie 2020

Stuur u volledige CV met verwysing JKWOB