OPERASIONELE BESTUURDER OPOB - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 16-08-2021 12:42:09 PM
11-10-2021 12:42:09 PM
Hierdie filiaal van ‘n gediversifiseerde landbou groep met ? rosyne verwerkings aanleg benodig die dienste van ‘n professionele en vriendelike persoon met baie goeie menseverhoudinge om die volgende posisie by die verwerkingsaanleg in Friersdale te beklee:

OPERASIONELE BESTUURDER
FRIERSDALE OMGEWING

Vereistes:
- Uitstekende kommunikasievaardighede en georganiseerde ingesteldheid
- Besonders detail georiënteerd en trots om die maatskappy se uitstekende reputasie te ontwikkel en dryf;
- Gemaklik om alleen asook in spanverband te werk
- Bereid wees om lang ure te werk (veral in die besiger maande (Februarie - April).
- Graad 12 met minimum 5 jaar ondervinding in verpakkings - en logistieke bestuur.
- Vorige ervaring in die industrie in vars of gedroogde produkte, HACCP en BRC en ? verdere en/of nagraadse kwalifikasie in Verpakking en/of Logistieke bestuur sal u aansoek
versterk.

U sal verantwoordelik wees vir die volgende fasette van operasionele bestuur van die pakhuis:
- Effektiewe en doelmatige werking van die fabriek en pakhuis
- Voldoening aan kliënt spesifikasies
- Produktiewe werksomgewing deur aanwending van toepaslik opgeleide personeel
- Kommunikasie met toesighouers sodat alle personeel hul volle potensiaal bereik.
- Kommunikasie met produsente rondom gradering van rosyne en verwagte realisasie
- Optimalisering van rosyne verpakking (personeel, tydsbestuur, lyn snelhede, kwaliteit standaarde, veiligheid)
- Intydse verpakking van bestellings
- Rapportering van akkurate opbrengste-inligting oor grade en produksiekoste
- Versekering van die logistieke effektiwiteit by die inlewering en aflewering van rou materiaal en verpakte produk
- Versekering van Beroepsveiligheid- en Gesondheids wetgewing voldoening;
- Versekering dat alle verpakkingspraktyke en -prosedures aan die vereiste ouditstandaarde voldoen (bv BRC), en dat die oudits suksesvol voltooi word;
- Operasionele monitering en instandhouding van aanleg.

Die vergoedingspakket is onderhandelbaar en word vasgestel ooreenkomstig posvereistes, kwalifikasies en ondervinding.

Om aansoek te doen stuur CV met verwysing OPOB voor 20 Augustus 2021