OPERASIONELE BESTUURDER - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 07-04-2021 1:11:05 PM
27-05-2021 10:49:05 AM
Hierdie gevestigde tafeldruif, rosyne, pekaneut en wisselbou boerdery in Straussburg / Louisvale / Kanoneiland beskik oor die volgende loopbaan geleentheid vir ‘n energieke, dinamiese en resultaatgedrewe persoon as:

OPERASIONELE BESTUURDER
STRAUSSBURG OMGEWING/ UPINGTON

Vereistes:
- Ons wag op aansoeke van sterk individue met passie vir bedryf en bewese bestuursondervinding in alle aspekte van tafeldruif / rosyne verbouing met minstens 8-10 jaar
ondervinding om oorhoofs volle verantwoordelikheid vir maksimalisering van die oes en resultate van gevestigde boerdery te neem.
- Verdere aanbevelings vir die pos is ‘n toepaslike tersiêre landbou kwalifikasie.
- Bo-gemiddelde menseverhoudinge en kommunikasievaardighede
- Kennis van begrotingsbestuur, gehaltebestuurstelsels
- Sterk tegniese kennis van alle produksiepraktyke
- Goeie rekenaar-en rekordhouding vaardigheid.

Pligte sal onder meer behels:
- Onafhanklike operasionele bestuur van volledige boerdery, produksiebestuurders van alle eenhede en personeel met pakstoor in koördinering met werkgewer, wat insluit alle
aspekte van arbeids-, tegniese- en gehaltebestuur.

Daar word ‘n mededingende vergoedingspakket, wat voordele eie aan die bedryf insluit, aan die pos gekoppel.

Stuur u CV met verwysing MCDO, voor 16 April 2021