PERSOONLIKE ASSISTENT/BEMARKER - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 21-09-2021 12:43:30 PM
16-11-2021 12:43:30 PM
Hierdie finansiële adviseurspaktyk beskik oor die volgende posisie en wag op aansoeke van ervare, vriendelike, selfgedrewe persone met die vermoë om onafhanklik onder druk te opereer, in die betrekking as:

PERSOONLIKE ASSISTENT-/ BEMARKER
UPINGTON

Vereistes:
- Die suksesvolle persoon moet goed georganiseerd wees met minimum 5 jaar ondervinding as persoonlike assistent met algemene administratiewe ondervinding in ‘n professionele
kantoor omgewing.
- Bo-gemiddelde rekenaarvaardigheid in volledige MS Office pakket
- Goeie menseverhoudinge en kommunikasievaardighede.
- Aansoekers met tersiêre kwalifikasies en bemarkingsondervinding sal voorkeur geniet.

Die suksesvolle kandidaat sal onder meer verantwoordelik wees vir die:
- Ondersteuning van nuwe besigheid deur volledige administratiewe verantwoordelikheid te aanvaar
- Bestuur van dagboek van finansiële adviseur
- Effektiewe liassering en rekordhouding
- Voorbereiding van kwotasies
- Kommunikasie met produk verskaffers
- Rekonsiliasie van kommissie op ‘n weeklikse basis
- Algehele kliëntediens
- Bemarking van nuwe produkte soos nodig.

Daar word ‘n markverwante vergoedingspakket met voordele eie aan die bedryf asook langtermyn voordele aan pos gekoppel.

Rig u volledige CV met verwysing ORPAB voor 4 Oktober 2021