PLAASBESTUURDER: BEES - Kuruman Verfied

Salary Negotiable Kuruman, Northern Cape Kuruman, Northern Cape more than 14 days ago 03-09-2021 1:15:08 PM
29-10-2021 1:15:08 PM
PLAASBESTUURDER; BEES
KURUMAN/ VRYBURG OMGEWING

Vereistes:
- Ons wag op aansoeke van ervare individue met ‘n liefde vir Beesboerdery, ondersteun deur minimum 5 jaar toepaslike ondervinding in alle aspekte van die bestuur van ‘n 5000 Ha
veld/ stoet bees kudde.
- Toepaslike landbou kwalifikasie asook kennis en ondervinding in KI en dragtigheid sal as aanbeveling dien
- Basiese tegniese- / meganiese aanleg
- Kode 14 lisensie
- Deeglike kennis van instandhouding
- Goeie menseverhoudinge, kommunikasievaardighede en organiseringvermoë.


Pligte behels ondermeer:
- Onafhanklike bestuur van boerdery eenheid wat insluit maandelikse oudit van bees getalle
- Voerkraal bestuur, instandhouding & toedien van inentings programme
- Reperasies en uitbreiding aan heinings, voer- of lek krippe, water krippe
- Nuwe ontwikkeling van damme, span van kampe en plaas drade
- Instandhouding, ontwikkeling en uitbou van die boerdery en kudde
- Bemarking van diere via sosiale media
- Reël van jaarlikse veilings

Om aansoek te doen rig u volledige CV, met verwysing MMGB, voor 8 September 2021