PLAASBESTUURDER benodig Wildsplaas in Pienaarsrivier/Rust de Winter - Mossel Bay Verfied

Salary Negotiable Mossel Bay, Western Cape Mossel Bay, Western Cape more than 14 days ago 29-09-2015 7:21:46 PM
27-10-2015 7:21:46 PM
PLAASBESTUURDER benodig: Wildsplaas in Pienaarsrivier/Rust de Winter omgewing
Limpopo (80 km van Pretoria, 60km van Warmbad (Bela Bela)
VERKIESLIK SONDER KINDERS OF KINDERS MOET UIT DIE SKOOL WEES (Geen skole binne 60km nie)

Persoon moet beskik oor uitgebreide kennis en ondervinding om n wildsplaas en wildboerdery te bestuur.

Die pos behels die bestuur van die wildboerdery .Die belangrikste prestasie-areas van die pos behels die volgende:

(1)Hoe vlak van verantwoordelikheid sin en integriteit beskik
(2)Kennis in die teel van eksotiese wild : Rekord houding ens
(3) Moet oor tegniese vaardigheid beskik insluitende elektries, meganies, loodgieterswerk ens
(4) Algemene plaasbestuur, insluitende instandhouding, voorraadbeheer, ens.
(5) Personeelbestuur en verwante arbeidsverhoudinge . Moet n ferm hand oor die arbeid kan hou maar ook goeie menseverhoudings kan handhaaf
(6) Kostebestuur
(7) Vaardighede in die administratiewe afdeling..

Die ideale kandidaat behoort oor die volgende te beskik:
(1) 'n Minimum van 5 tot 10 jaar relevante ondervinding
(2) 'n Naskoolse tersiêre kwalifikasie sal 'n aanbeveling wees , maar die minimum is Graad 12 of verwante opleiding
(3) Hoë vlak van verantwoordelikheidsin en integriteit
(4) Rekenaargeletterdheid met klem op Excel
(5) Goeie kommunikasievaardighede en interpersoonlike verhoudinge
(6) Hoë energievlakke en die vermoë om onafhanklik te kan funksioneer.

Die vergoedingspakket is onderhandelbaar, met inagneming van die kandidaat se kwalifikasies, vaardighede en ondervinding. Verblyf word op plaas voorsien. Drie maande proeftyd en en aanpassing periode verlang.
SLUITINGSDATUM:.31 Oktober 2015
NB: Onderhoude sal gevoer word met kandidate op die kortlys. Indien u binne 21 werksdae ná sluitingsdatum nog nie vir 'n onderhoud genooi is nie, moet u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.