PRODUKSIEBESTUURDER - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 17-03-2020 9:51:10 AM
01-04-2020 2:21:43 PM
Hierdie gevestigde tafeldruif boerdery bied ? uitdagende loopbaan geleentheid aan ? energieke, dinamiese persoon met ‘n passie vir boerdery, in volgende posisie:

PRODUKSIEBESTUURDER: TAFELDRUIWE
KAKAMAS OMGEWING

Vereistes:
- Ons wag op aansoeke van hardwerkende, selfgedrewe individue met bo-gemiddelde menseverhoudinge, ondersteun deur ? suksesvolle rekord van minimum 10 jaar
bestuursondervinding in alle aspekte van tafeldruif verbouing.
- Die applikant sal onder Werkgewer hoofsaaklik verantwoordelik wees vir die bestuur en ontwikkeling van die tafeldruif produksie eenheid wat sal insluit alle aspekte van produksie-,
arbeids-, pakhuis- en gehaltebestuur.
- Goeie kommunikasie & organiserings vaardighede en stelselgerigtheid, met deeglike kennis van besproeiing, bemesting, bespuitings en gehaltebestuurstelsels
- Basiese tegniese en meganiese kennis.
-Die suksesvolle persoon moet onafhanklik en onder druk kan funksioneer, terwyl ? toepaslike landbou kwalifikasie sal as verdere aanbeveling sal dien.
- Daar sal verder van kandidaat verwag word om in te skakel by gediversifiseerde boerdery met gepaardgaande verantwoordelikhede.

Daar word ? markverwante vergoedingspakket met voordele, eie aan die bedryf aangebied.

Alle aansoeke sal streng konfidensieel hanteer word.

Rig u volledige CV met verwysing MDPT voor 27 Maart 2020