PRODUKSIEBESTUURDER - Piketberg Verfied

Salary Negotiable Piketberg, Western Cape Piketberg, Western Cape more than 14 days ago 01-04-2020 2:29:21 PM
12-05-2020 11:31:34 AM
Hierdie gevestigde tafeldruif boerdery bied ? uitdagende loopbaan geleentheid aan ? energieke, dinamiese persoon met dryfkrag in die volgende posisie:

PRODUKSIEBESTUURDER; TAFELDRUIWE
PIKETBERG OMGEWING

Vereistes:
- Ons wag op aansoeke van hardwerkende, selfgedrewe individue met ‘n liefde vir boerdery ondersteun deur ? suksesvolle rekord van minimum 5 jaar bestuursondervinding in alle
aspekte van tafeldruif verbouing.
- Die applikant sal onder hoofbestuur verantwoordelik wees vir die bestuur van ongeveer 30 Ha produksie eenheid met 12 Ha in ontwikkeling wat sal insluit alle aspekte van
produksie-, arbeids-, pakhuis- en gehalte bestuur.
- Goeie menseverhoudinge
- Bo-gemiddelde kommunikasievaardighede
- Goed georganiseerd en stelselgerig, met deeglike kennis van besproeiing, bemesting, bespuitings en gehalte bestuurstelsels
- Basiese tegniese en meganiese kennis.
?- Die suksesvolle persoon moet onafhanklik en onder druk kan funksioneer
- Toepaslike landbou kwalifikasie sal as verdere aanbeveling dien.

Daar word ? markverwante vergoedingspakket met voordele, eie aan die bedryf aangebied.

Aanvangsdatum: 01 Junie 2020

Alle aansoeke sal streng konfidensieel hanteer word.