PRODUKSIEBESTUURDER:ROSYNE - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 27-08-2019 10:47:20 AM
07-10-2019 9:43:37 AM
Hierdie gevestigde tafeldruif- en rosyne- boerdery /aanleg in die Straussburg omgewing bied die volgende uitdagende beroepsgeleentheid in hul fabriek vir dinamiese, energieke persoon:

PRODUKSIEBESTUURDER ROSYNE
STRAUSSBURG OMGEWING

Vereistes:
- Aansoeke word ingewag van selfgedrewe, doelgerigte kandidate met minimum 3 jaar ondervinding in die bestuur van produksielyne
- Bestuur van groot spanne mense, daaglikse motivering en produktiwiteitsmeting, sowel as handhawing van streng dissipline.
- Vorige kennis en ondervinding van skandeerders, verpakking en die voedselbedryf en / of rosyne, sal in u guns tel.
- Bo-gemiddelde menseverhoudinge en kommunikasievaardighede
- Vermoƫ om akkuraat onder druk te kan funksioneer
- Goeie rekenaarvaardigheid en moet ook onafhanklik te kan opereer.

Aansoekers moet bereid wees om skofte te werk, sowel as lang, ongereelde ure, gekoppel aan seisoene.

Daar word mededingende vergoedingspakket aan die pos gekoppel.

Stuur u CV met verwysing MCDF voor 6 September 2019