PRODUKSIEBESTUURDER TAFELDRUIWE - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 24-05-2022 11:49:21 AM
24-06-2022 9:36:28 AM
Hierdie gevestigde tafeldruif boerdery bied ? uitdagende loopbaan geleentheid aan ? energieke, dinamiese persoon met ‘n passie vir boerdery, in volgende posisie:

PRODUKSIEBESTUURDER: TAFELDRUIWE
KAKAMAS OMGEWING

Vereistes:
- Ons wag op aansoeke van hardwerkende, selfgedrewe individue met bogemiddelde menseverhoudinge, ondersteun deur ? suksesvolle rekord van minimum 3 jaar bestuursondervinding in alle aspekte van tafeldruif verbouing.
- Die applikant sal hoofsaaklik verantwoordelik wees vir die bestuur en ontwikkeling van die tafeldruif produksie eenheid wat sal insluit alle aspekte van produksie-, arbeids-, pakhuis- en gehaltebestuur.
- Goeie kommunikasie- , organiserings vaardighede en stelselgerigtheid, met deeglike kennis van besproeiing, bemesting, bespuitings en gehaltebestuurstelsels.
- Basiese tegniese en meganiese kennis.
- Die suksesvolle persoon moet onafhanklik en onder druk kan funksioneer, terwyl ? toepaslike landbou kwalifikasie as verdere aanbeveling sal dien.
- Daar sal verder van kandidaat verwag word om in te skakel by gediversifiseerde boerdery met gepaardgaande verantwoordelikhede.

Daar word ? markverwante vergoedingspakket met voordele, eie aan die bedryf aangebied.

Alle aansoeke sal streng konfidensieel hanteer word.

Rig u volledige CV met verwysing MDPT voor 03 Junie 2022