PRODUKSIEBESTUURDER: TAFELDRUIWE - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 02-08-2022 2:32:40 PM
15-08-2022 6:49:08 AM
Hierdie gevestigde boerdery beskik oor die volgende geleentheid vir ‘n dinamiese, resultaat gedrewe persoon as:

PRODUKSIEBESTUURDER: TAFELDRUIWE

STYRKRAAL, ONSEEPKANS

Vereistes:

? Ons wag op aansoeke van energieke en hardwerkende individue wat oor bewese bestuursvaardighede beskik, ondersteun deur minimum 5 jaar ondervinding in alle aspekte van die verbouing van tafeldruiwe.

? Goeie rekenaarvaardighede.

? Uitgebreide kennis van gehaltebestuurstelsels.

? Bogemiddelde menseverhoudinge en kommunikasievaardighede.

? Die vermoë om onafhanklik te opereer.

? 'n Sterk tegniese agtergrond van besproeiing, bemesting en bespuitings.

Die ideale kandidaat sal verantwoordelik wees vir die oorhoofse bestuur van 60 ha gevestigde tafeldruif eenheid, in noue skakeling met hoofbestuur.

Oorhoofse pligte sal insluit:

? Oorhoofse toesig oor alle produksie aktiwiteite.

? Bestuur van en beheer oor produktiwiteit van arbeid.

? Volledige oesproses.

? Pakstoor-, en gehaltebestuur.

? Toepassing van tegniese aanbevelings.

Verdere aanbevelings vir die pos is ‘n toepaslike tersiêre landbou kwalifikasie.

Daar word ‘n mededingende vergoedingspakket, wat voordele eie aan die bedryf insluit, aan die pos gekoppel.

Stuur u CV met verwysing MGPS, voor 17 Augustus 2022