REKENMEESTER(JKW) - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 13-06-2019 9:37:18 AM
03-07-2019 1:20:15 PM
Hierdie Watergebruikersvereniging beskik oor die volgende uitdagende pos vir ‘n dinamiese, energieke en selfgedrewe individu in die volgende pos:

REKENMEESTER

KAKAMAS OMGEWING

Vereistes:

- Minimum vereistes vir aanstelling is ‘n B. Rek/B. Compt kwalifikasie ondersteun deur minstens 3 jaar ondervinding in die bestuur van ‘n finansiële kantoor

- Utgebreide kennis van Pastel, MS Office en ‘n salaris betaalstelsel

- Vermoë om selfstandig te funksioneer

- Goeie kommunikasievermoë in Afrikaans en Engels

- Geldige kode 08 rybewys.

Sleutel verantwoordelikhede behels:

- Die algehele bestuur van die finansiële kantoor

- Ko?rdinering van jaarlikse eksterne oudit

- BTW, asook die normale statutêre opgawes aan SARS

- Instandhouding van finansiële stelsels, wat insluit debiteure-, krediteure- en voorsieningstelsels

- Rekonsiliasie van kleinkas, bank en grootboek rekeninge

- Verslae en rapportering tot op proefbalans vlak

- Uitvoering van interne kontrole en beheermaatreëls

- Salarisse (VIP salarisprogram) en finansiële aspekte rakende personeel.

Die suksesvolle kandidaat aan die Hoof van Administrasie rapporteer.

Hierdie Watergebruikersvereniging is ‘n gelyke geleenthede werkgewer. Voorkeur sal aan geskikte kandidate van die onder-verteenwoordigde groepe verleen word.

Kandidate op kortlys moet gewillig wees om normale keurings- en verifikasie prosesse te ondergaan en om waar die werkgewer dit vereis, hulle te onderwerp aan bevoegdheids-assessering.

Korrespondensie sal slegs met persone op die kortlys gevoer word. Indien u binne 14 dae na die sluitingsdatum nog geen terugvoering ontvang het nie, neem asseblief aan dat u aansoek onsuksesvol was.

Hierdie Watergebruikersvereniging behou ook die reg voor om geen aanstelling te maak nie.

Aansoek moet skriftelik gedoen word en vergesel wees van ‘n volledige CV, gesertifiseerde afdruk van ID dokument, kwalifikasies en ander relevante dokumente en moet nie later as 21 Junie 2019 met vermelding van verwysing JKW gerig word aan Orffer & van der Merwe Menslike Hulpbron-praktisyns

Aansoeke ontvang na sluitingsdatum sal NIE oorweeg of aanvaar word nie