REKENMEESTER MNAR - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 07-01-2021 9:00:28 AM
26-01-2021 6:35:02 AM
Hierdie gevestigde Tafeldruif Boerdery Groep langs die Oranjerivier wat spesialiseer in die produsering van top gehalte uitvoer tafeldruiwe, beskik oor die volgende uitdagende posisie vir 'n dinamiese, selfgedrewe persoon as:

REKENMEESTER
AUGRABIES OMGEWING

Vereistes:
- Aansoeke word ingewag van goed georganiseerde, presiese individue met bogemiddelde syfervaardigheid, ondersteun deur B.Compt. of gelykwaardige kwalifikasie / ondervinding met voltooide klerkskap.
- Minimum 3 jaar ondervinding in ? soortgelyke omgewing.
- Goeie menseverhoudinge en kommunikasievaardighede.
- Bo-gemiddelde rekenaarvaardigheid in ZERO, Pastel en Excel.
- Moet oor die vermoë beskik om onafhanklik te funksioneer.

Pligte sal onder meer behels:
- Die volle debiteure funksie, krediteure opsomminge en betalings, ten boekstelling van entiteite se transaksies tot op proefbalans vlak.
- Doen van kontantvloei begrotings, BTW, LBS rekonsiliasies, SARS betalings en “e-filing”
- Doen van salarisse en kantoorbestuur.
- Nakoming van alle statutêre vereistes en voorskrifte.

Daar word ? mededingende vergoedingspakket aangebied, direk gekoppel aan kwalifikasie en ondervinding.

Stuur u volledige CV, met verwysing MNAR voor 15 Januarie 2021