SENIOR AGRITEKSTEGNOLOOG - Somerset West Verfied

Salary Negotiable Somerset West, Western Cape Somerset West, Western Cape more than 14 days ago 23-05-2022 11:34:15 AM
20-06-2022 11:19:09 AM
TRE Groep is ‘n eiendoms-gefokusde firma gesetel in Somerset-Wes wat sedert 1991 spesialiseer in eiendomsontwikkelingsbestuur regoor Suid-Afrika met uitgebreide dienste soos Argiteksontwerp, Projekbestuur, Bourekenkunde en Konstruksiebestuur. Die volgende loopbaangeleentheid bestaan tans vir ? entoesiastiese en gedrewe persoon as.

SENIOR ARGITEKSTEGNOLOOG
(SOMERSET-WES)

Vereistes:
- Aanstelling vereis ‘n toepaslike tersiêre kwalifikasie met registrasie by SACAP ondersteun deur minstens 5 jaar ondervinding in ‘n soortgelyke pos in die konstruksie-omgewing.
- Uitstekende menseverhoudings met bogemiddelde geskrewe en verbale kommunikasievaardighede.
- Rekenaarvaardigheid in MS Office.
- Goeie kennis van die standaard Suid-Afrikaanse konstruksie metodes en materiale sowel as statutêre vereistes vir die boubedryf en verwante bedrywe.
- Caddie en SketchUp ondervinding sal voordelig wees.

Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir:
- Die daaglikse ontwerp, teken en bepaling van spesifikasies en verwante take van verskeie projekte.
- Bystand lewer aan die ontwikkelingspan, wat bestaan uit Bourekenaars en Konstruksiebestuurders.

In ruil vir aanstelling word ‘n onderhandelbare vergoedingspakket ooreenstemmend met nasionale vergoedingstandaarde ooreenkomstig ondervinding en werk in ‘n stimulerende werksomgewing aangebied.