TAFELDRUIWE:ONTWIKKELINGSBESTUURDER - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 12-08-2021 1:10:30 PM
07-10-2021 1:10:30 PM
Hierdie gevestigde uitvoer tafeldruif groep beskik oor die uitdagende beroepsgeleentheid vir ‘n jong dinamiese, energieke individu met dryf-krag en ? liefde vir boerdery om by hul suksesvolle span aan te sluit.

TAFELDRUIWE: ONTWIKKELINGSBESTUURDER
KAKAMAS OMGEWING

Vereistes:
- Ons wag op aansoeke van hardwerkende persone met 3 jaar + ondervinding in alle basiese aspekte van tafeldruiwe, veral ontwikkeling van nuwe blokke wat
insluit: grond voorbereiding, besproeiing, pale, drade, asook die opsit van nette.
- Persoon moet ook beskik oor goeie menseverhoudinge en kommunikasievaardighede en moet oor die vermoë beskik om in ‘n span saam te werk.
- ‘n Landbou agtergrond en kwalifikasie sal as verdere aanbeveling dien.
- Kennis en ondervinding in alle aspekte van besproeiing, bemesting en bespuiting op jong tafeldruif stokke.

Hoof verantwoordelikheid sluit in die volledige ontwikkeling van ‘n 50 Ha tafel-druif eenheid oor ‘n tydperk van 3 jaar, met potensiaal om saam met ontwikkeling
te groei na ‘n eenheidsbestuurder van 50 Ha.

Daar word markverwante vergoedingspakket met voordele eie aan die bedryf aangebied.

Aansoeke sal streng vertroulik hanteer word.

Rig u volledige CV met verwysing MTDTOB voor 24 Augustus 2021