TERREIN-/VOORRAAD BESTUURDER - Kuruman Verfied

Salary Negotiable Kuruman, Northern Cape Kuruman, Northern Cape more than 14 days ago 10-09-2021 6:25:31 AM
23-09-2021 9:10:02 AM
Hierdie gevestigde kleinhandel hardeware onderneming beskik oor die volgende posisie vir ‘n self-gemotiveerde kandidaat wat onafhanklik en effektief onder werksdruk kan funksioneer as

TERREIN-/ VOORRAADBESTUURDER
KURUMAN

Vereistes:
- Aansoeke word ingewag van goed-georganiseerde kandidate met minstens 5 jaar vorige bestuursondervinding in ‘n kleinhandel omgewing, verkieslik in hardeware.
- Grondige kennis van voorraad bestuur en -beheer
- Goeie rekenaarvaardighede
- Geldige rybewys
- Goeie kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels
- Vermoë om ‘n multikulturele span te lei.

Die suksesvolle kandidaat sal ondermeer verantwoordelik wees vir:
- Die oorhoofse operasionele bestuur van die terrein asook alle voorraad ten einde winste te maksimaliseer en kostes, insluitende voorraad verliese te minimaliseer
- Personeel te bestuur om maksimum produktiwiteit en kwaliteit kliëntediens te verseker.

Daar word ‘n mededingende vergoedingspakket aangebied, gekoppel aan kwalifikasies en ondervinding.

Rig u aansoek en CV met verwysing JTVB voor 16 September 2021