TERREINBESTUURDER - Somerset West Verfied

Salary Negotiable Somerset West, Western Cape Somerset West, Western Cape more than 14 days ago 19-01-2022 5:58:29 PM
16-03-2022 5:58:29 PM
TRE Groep is ‘n eiendoms-gefokusde firma gesetel in Somerset-Wes wat sedert 1991 spesialiseer in eiendomsontwikkelingsbestuur regoor Suid-Afrika met uitgebreide dienste soos Argiteksontwerp, Bourekenkunde en Konstruksiebestuur. Die volgende loopbaangeleenthede bestaan tans vir dinamiese, energieke en gemotiveerde persone wat streef na uitnemendheid.

TERREINBESTUURDER
SOMERSET-WES

Vereistes:
• Aanstelling vereis ‘n toepaslike tersiêre kwalifikasie in konstruksiebestuur/ boukunde, ondersteun deur minstens 5 jaar ondervinding in ‘n soortgelyke pos in die konstruksie-omgewing.
• Rekenaarvaardigheid in die gebruik van MS Office en MS Projects.
• Kennis van die toepassing van die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid op boupersele.
• Uitstekende mensebestuurs-, organiserings- en probleemoplossingsvaardighede.
• Die vermoë om effektief in spanverband te funksioneer.
• ‘n Geldige rybewys

Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir:
• Die effektiewe en doelmatige bestuur en beheer oor bouprojekte/kontrakte binne tyd-, kwaliteit- en begrotingsdoelwitte.
• Handhawing van kontrole en kwaliteit.
• Konstante evaluering van die vordering van die projek sowel as terugvoer aan bestuur.
• Oorsiening van sub-kontrakteurs, sowel as aankoop en beheer van voorraad van o.a. boumateriaal en toerusting soos benodig.

In ruil vir aanstelling word ‘n onderhandelbare vergoedingspakket ooreenstemmend met nasionale vergoedingstandaarde ooreenkomstig ondervinding en werk in ‘n stimulerende werksomgewing aangebied.

Toepaslik-gekwalifiseerde persone kan hul aansoek en volledige CV met verwysing JTTB voor 28 Januarie 2022 rig