VOLSTRUIS PLAASBESTUURDER - Dendron Verfied

Salary Negotiable Dendron, Limpopo Dendron, Limpopo more than 14 days ago 04-01-2021 8:02:02 AM
01-03-2021 8:02:02 AM
Ons kliënt met ‘n volstruis boerdery en slagplaas in die Dendron area beskik tans oor die volgende beroepsgeleentheid en wag op aansoeke van dinamiese, energieke en ervare kandidate in die industrie

VOLSTRUIS PLAASBESTUURDER
DENDRON, LIMPOPO OMGEWING

Vereistes:
- Ons wag op aansoeke van individue met minimum 5 jaar bewese ondervinding in alle aspekte in die bestuur van ‘n volstruisboerdery wat insluit die totale ketting vanaf kuikens tot
slag voëls.
- Basiese tegniese- / meganiese agtergrond en aanleg
- Goeie menseverhoudinge, bo-gemiddelde kommunikasievaardighede
- Goeie probleemoplossingsvermoë
- Besit wees van ‘n geldige bestuurslisensie.
- ‘n Landbougraad, kennis van biosekuriteit, asook kennis van beesboerdery sal verder in u guns tel.

Pligte behels ondermeer:
- Die onafhanklike bestuur van die volstruis boerdery slagplaas en handhawing om optimale produksie te verseker
- Effektiewe arbeidsbenutting, instandhouding, ontwikkeling en uitbou van die Boerdery
- Weeklikse verslagdoening.

Daar word ‘n markverwante vergoedingspakket met voordele eie aan die bedryf aan die pos gekoppel, wat verblyf en werksvoertuig insluit.

Om aansoek te doen rig u volledige CV, met verwysing MSVP, voor 15 Januarie 2021