WATER BEHEERBEAMPTE - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 06-10-2020 2:18:29 PM
05-11-2020 8:29:14 AM
Hierdie gevestigde besproeiingsraad beskik oor die volgende uitdagende geleentheid vir ‘n dinamiese, energieke persoon in die volgende posisie:

WATER BEHEERBEAMPTE
UPINGTON OMGEWING

Vereistes:
- Ons wag op aansoeke van hardwerkende, praktiese persone met ‘n sterk tegniese aanleg en sterk meganiese vaardighede, wat beskik oor goeie organiseringsvermoë en
bestuursvaardighede.
- Goed handvaardig en deeglik wees, met minstens 3-5 jaar toepaslike ondervinding en moet onafhanklik kan funksioneer.
- Persone met voltooide ambag en of wat in besit is van vragmotor lisensie sal voorkeur geniet.

Hoof verantwoordelikhede sal ondermeer die volgende insluit:
- Beheer van water insluitend die uitvoer van gereelde inspeksies
- Instandhoudingswerk aan kanaal
- Verstellings aan uitkeer hekke en sluise
- Skraap van paaie
- Toesighouding oor kanaal wagte
- Nagaan van betalings aan besproeiingsraad
- Daaglikse rekordhouding van werksaamhede
- Instandhouding aan toerusting en gereedskap soos aan hom toevertrou.

Daar word ‘n mededingende salaris met voordele, wat gratis behuising insluit, volgens kwalifikasies en ondervinding aan die pos gekoppel.

Rig u volledige CV met verwysing MBWB voor 16 Oktober 2020