FINANSIËLE KLERK - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 10-09-2019 8:42:15 AM
25-09-2019 10:37:37 AM
Hierdie leier in die glas-industrie wat spesialiseer in die verskaf en installeer van voertuig-/huisglas asook agent vir verskeie handelsname insluitend Beekman kappies en Xpanda veiligheidshekke, beskik oor die volgende geleentheid vir ? goed-georganiseerde kandidaat met ‘n analitiese denkwyse in die posisie as

FINANSIëLE KLERK
UPINGTON

Vereistes:
- Aansoeke van goed-georganiseerde, presiese individue met bogemiddelde syfervaardigheid, ondersteun deur minstens 3 jaar ondervinding in ‘n soortgelyke pos word ingewag.
- ‘n Tersiêre finansiële kwalifikasie sal in ’n kandidaat se guns tel.
- Goeie menseverhoudinge en kommunikasievaardighede
- Bo-gemiddelde rekenaarvaardigheid in Pastel en Excel
- Die vermoë om onafhanklik te funksioneer.

Die suksesvolle persoon sal ondermeer verantwoordelik wees vir die rekeningkundige funksie tot proefbalans, debiteure en krediteure asook voorraadkontrole.

In ruil word ? markverwante vergoedingspakket aangebied.

Rig u volledige CV met verwysing OGFK voor 20 September 2019