Assistent Plaasbestuurder - Paarl Verfied

Salary Negotiable Paarl, Western Cape Paarl, Western Cape more than 14 days ago 19-09-2014 1:29:51 PM
03-10-2014 12:43:52 PM
Ons kliënt in die Paarl-/Simondium-area, produseer steenvrugte van uitstaande gehalte en beskik tans oor die volgende betrekking:
Assistent-Plaasbestuurder
(Steenvrugte)

Die geskikte kandidaat is ’n jong, energieke persoon wat met selfvertroue en verantwoordelikheidsin te werk gaan. Die geskikte kandidaat is rekenaarvaardig en handhaaf goeie menseverhoudinge. ’n Toepaslike naskoolse kwalifikasie met ondervinding van steenvrugverbouing is verdere vereistes vir die pos.

Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir: • produksiebestuur • aanplantings • bemesting • plaagbeheer • snoeiprogramme • gehaltebeheer en -oudits • toesighouding oor en motivering van personeel • algemene administrasie en alle ander take verwant aan die pos.

In ruil vir u bydrae bied ons kliënt ’n mededingende vergoedingspakket aan.

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik

Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.