Financial Manager - Paarl Verfied

Salary Negotiable Paarl, Western Cape Paarl, Western Cape more than 14 days ago 08-12-2016 9:51:04 AM
05-01-2017 9:51:04 AM
Nexus AG is een van die voorste verspreiders van landboumiddels wat omvattende oesbeskermingsdienste aan hul kliënte in Suiderlike Afrika bied.

Finansiële Bestuurder

Die suksesvolle kandidaat het ‘n sistematiese professionele benadering en logiese denke vir probleemoplossing asook uitstekende bestuurs- en interpersoonlike vaardighede. ’n Toepaslike voor- en nagraadse kwalifikasie (minimum 4 jaar), voltooide SAICA klerkskap, minimum 3 jaar werk ondervinding na klerkskap, uitstekende finansiële vaardighede, toepaslike ervaring op bestuursvlak, rekenaarvaardigheid (SAGE, MS Office) asook kennis van relevante wetgewing is vereistes vir die pos. Vorige ondervinding in ’n soortgelyke pos in die landbou sektor, sal in die aansoeker se guns tel.

Die suksesvolle aansoeker vir hierdie senior pos is verantwoordelik vir die doeltreffende kontrole en uitvoering van alle finansiële en administratiewe funksies en sluit die volgende in: * finansiële en administrasie bestuur van die maatskappy * opstel van begrotings en bestuursverslae • interne oudit prosesse * bestuur van die rekeningkunde stelsel * krediteure en debiteure kontrole * vergoedingsadministrasie • hantering van statutêre verpligtinge * hantering van agentskap registrasies en versekering • skakeling met oudit en finansiële instellings * alle ander administratiewe finansiële funksies van die onderneming.

‘n Markverante vergoedingspakket sal in ooreenstemming met die senioriteit van die pos beding word.

Diensaanvaarding so spoedig moontlik.