Hoofbestuurder Botteleringsaanleg Wynbedryf - Worcester Verfied

Salary Negotiable Worcester, Western Cape Worcester, Western Cape more than 14 days ago 08-08-2014 11:42:59 AM
05-09-2014 11:42:59 AM
Hoofbestuurder
(Botteleringsaanleg – Wynbedryf)

Breërivier Botteleringskoöperasie met sy operasionele aanleg in
Worcester, beskik tans oor bogenoemde betrekking vir ’n persoon
om by hulle kwaliteitgedrewe produksiespan aan te sluit. Is u ’n goeie
spanpersoon met ’n sistematiese professionele benadering? Beskik u
oor goeie bestuurs- en interpersoonlike vaardighede asook die nodige
finansiële insig? Dan sal hierdie ’n stimulerende loopbaanskuif na ’n
goedgevestigde onderneming wees.

’n Toepaslike naskoolse kwalifikasie, bewese sakevernuf en ten minste
10 jaar algemene bestuurservaring, is vereistes vir die pos, terwyl
ondervinding van die wyn- en botteleringsbedryf in die aansoeker se
guns sal tel.

As uitvoerende hoof van die organisasie sal die sleutelprestasieareas
die volgende insluit: • strategiese beplanning • finansiële
bestuur • identifisering van nuwe bemarkingsgeleenthede ten einde
die onderneming se toekomstige volhoubare groei te verseker
• versekering dat die botteleringsprosesse en dienste van wêreldgehalte
is • versekering dat produkvoorsiening aan klientverwagtinge voldoen
• personeelbestuur en arbeidsverhoudinge • kliëntebestuur • bestuur van
openbare skakelbelange • monitering van Beroepgesondheids- en Veiligheidsregulasies.
Die vergoedingspakket weerspieël die senioriteit van die
aanstelling en is op ’n hoogs mededingbare vlak
onderhandelbaar.

Diensaanvaarding: 1 Januarie 2015

Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum
vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek
onsuksesvol was