Junior Kelder Assistent - Paarl Verfied

Salary Negotiable Paarl, Western Cape Paarl, Western Cape more than 14 days ago 11-11-2014 7:05:57 AM
09-12-2014 7:05:57 AM
JUNIOR KELDER-ASSISTENT (BEE)

Windmeul Kelder, geleë in die skilderagtige Boland Wynstreek, benodig ‘n uitstekende kommunikeerder met sterk interpersoonlike en leierskapsvaardighede en ’n passie het vir die wynbedryf. Matriek is ’n verdere vereiste vir hierdie posisie.

Die Kelder-Assistent is verantwoordelik vir * die koördinering van parsaktiwiteite * nasorg van wyn * kelderhigiëne * die wynmaakproses * voorraadbeheer *

Windmeul Kelder sal verbind wees tot die opleiding van die persoon in hierdie rol. Vorige ervaring is dus nie ’n vereiste nie.

In ruil vir jou bydrae bied Windmeul Kelder ’n mededingende vergoedingspakket aan wat die graad van die pos sal weerspieël.