JUNIOR PRODUKSIEBESTUURDER:TAFELDRUIF (MOTJP) - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 12-02-2019 8:48:48 AM
27-03-2019 9:30:08 AM
Hierdie gevestigde uitvoer tafeldruif boerdery beskik oor ‘n beroepsgeleentheid vir ‘n dinamiese, energieke persoon met ? passie vir boerdery om by hul suksesvolle span aan te sluit.

JUNIOR PRODUKSIEBESTUURDER: TAFELDRUIWE (AUGRABIES OMGEWING)

Aansoeke word ingewag van persone wat oor goeie bestuurspotensiaal beskik, ondersteun deur minimum 3-5 jaar toepaslike ondervinding in die verbouing van tafeldruiwe.

Goeie kennis van werwing van arbeid, motivering en opleiding van arbeid vir die uitvoer van produksie-aktiwiteite en voorbereiding van tafeldruiwe is verdere vereistes.

Goeie menseverhoudinge, kommunikasievaardighede met Tswana as eerste taal, asook basiese rekenaarvaardigheid. Matriek en besit van bestuurderslisensie sal as verdere aanbeveling dien.

Pligte sal onder meer behels: gesamentlike bestuur van produksie eenheid in koördinering met produksiebestuurder, wat insluit alle aspekte van arbeids, pak-, stoor-, tegniese- en gehaltebestuur.

Daar sal voorkeur gegee word aan kandidate uit voorheen benadeelde gemeenskappe.

Die suksesvolle kandidaat sal n markverwante vergoedingspakket met voordele eie aan die bedryf, aangebied word.