JUNIOR PRODUKSIEBESTUURDER - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 12-01-2018 8:15:12 AM
20-02-2018 9:05:55 AM
Hierdie gevestigde uitvoer tafeldruif boerdery beskik oor ‘n beroepsgeleentheid vir ‘n dinamiese, energieke persoon met sober gewoontes en goeie verwysings om by hul suksesvolle span aan te sluit.

JUNIOR PRODUKSIEBESTUURDER; TAFELDRUIWE
VRUGBAAR BOERDERY ONSEEPKANS OMGEWING

Vereistes:
- Kandidate met matriek, wat oor goeie praktiese ondervinding in tafeldruif verbouing beskik, ondersteun deur minimum van 5 jaar soortgelyke ondervinding, om as regterhand vir
produksiebestuurder te help met bestuur van arbeid en uitvoering van produksie-aktiwiteite.
- Goeie menseverhoudings en kommunikasievaardighede,
- Kennis van produksie, gehaltebestuurstelsels en verpakking van tafeldruiwe, ondersteun deur die vermoë om ‘n stabiele arbeidsmag te bou en te beheer.

Pligte sal onder meer behels:
- Werwing, opleiding en ontwikkeling van arbeid
- Beheer en kontrole oor produksie-aktiwiteite
- Voorbereiding en verpakking van tafeldruiwe met gemotiveerde arbeidsmag.

‘n Verdere aanbeveling is goeie taalvaardigheid in Afrikaans en Tswana.

Daar word ? markverwante vergoedingspakket met voordele eie aan die bedryf aangebied.