JUNIOR REKENMEESTER (JJF) - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 22-02-2017 7:11:55 AM
22-03-2017 7:11:55 AM
Hierdie gevestigde tafeldruif boerdery bied die volgende uitdagende geleentheid aan ‘n georganiseerde persoon met goeie syfervaardigheid as:

JUNIOR REKENMEESTER
BLOUPUTS

Vereistes:
- Ten minste 3 - 5 jaar ondervinding in ‘n soortgelyke pos
- ‘n Toepaslike tersiêre kwalifikasie en ondervinding in die landbousektor, spesifiek die tafeldruifbedryf, sal as sterk aanbevelings dien.
- Rekenaarvaardigheid in MS Office, Pastel Accounting of soortgelyke program asook ‘n loneprogram
- Grondige kennis van debiteure, krediteure, rekonsiliasie van kasboek, rekeningkundige funksie tot by proefbalans en salarisadministrasie

Pligte gaan ondermeer insluit:
- Rekeningkundige funksie van boerdery op Pastel
- Debiteure- en krediteure-administrasie
- Rekonsiliasie van kasboek
- Doen van boerdery se lone
- Kleinkas
- Hulp met gehaltebestuurstelsels administrasie (Global GAP, HACCP, BRC)
- Ad hoc sekretariële en administratiewe pligte.

‘n Onderhandelbare salaris, onderhewig aan kwalifikasies en ondervinding, word aangebied