KOELKAMERBESTUURDER - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 28-09-2018 10:33:35 AM
27-10-2018 8:40:45 AM
Hierdie gevestigde besigheid wag op aansoeke van dinamiese, selfgedrewe persone met sterk organiseringsvaardighede en die vermoë om koelkamer in alle fasette onafhanklik te bestuur.

KOELKAMERBESTUURDER (DEELTYDS VIR SEISOEN)
KANONEILAND OMGEWING

Daar word gesoek na persoon met ‘n toepaslike ondervinding in ‘n soortgelyke pos met goeie rekenaarvaardigheid, bo-gemiddelde interpersoonlike vaardighede, asook die vermoë om onafhanklik en onder hoë druk te kan funksioneer.

Verdere vereistes:
- Bo-gemiddelde menseverhoudinge en kommunikasievaardigehede
- Sterk gehalte ingesteldheid wat gefokus is op produktiwiteit en kwaliteit
- Persoon moet ook oor bewese bestuurservaring beskik
- Goeie kennis van verpakking en verkoeling van tafeldruiwe as sterk aanbeveling sal dien

Verantwoordelikhede gaan insluit:
- Ontwikkeling en instandhouding van stelsels binne die koelkamer met die doel om optimale produktiwiteit te verseker
- Handhawing van gehalte kontrole en toepassing van kwaliteit standaarde
- Werwing, bestuur en opleiding van arbeid vorm ook deel van daaglikse verantwoordelikhede om optimale effektiwiteit te verseker.

Hierdie is ‘n posisie vanaf begin November 2018 tot einde Januarie 2019 vir Tafeldruif seisoen beskikbaar.

‘n Bogemiddelde vergoedingspakket en die geleentheid om te werk in ‘n aangename, professionele werksomgewing word aangebied.