KWALITEIT KONTROLEUR(MLKB) - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 05-06-2019 9:00:40 AM
31-07-2019 9:00:40 AM
Hierdie nuut gelisensieerde , slegs een van drie goed gekeurde medisinale Cannabis-plase in SA, wat deel vorm van die Carpe Diem Groep naby Upington in die Noord-Kaap, beskik oor die volgende uitdagende posisie as beroepsgeleentheid as deel van hul bestuurspan:

KWALITEIT KONTROLEUR
STRAUSSBURG/ UPINGTON OMGEWING

Vereistes:
- Persone met voltooide studies in die voedselwetenskap- / tegnologie rigting of gelykwaardige kwalifikasie of deeglike uitgebreide praktiese ondervinding van minstens 5 jaar in
kwaliteitsbestuur in 'n soortgelyke bedryf, kan aansoek doen.
- Goeie rekenaarvaardigheid in MS Office
- Bo-gemiddelde menseverhoudinge en kommunikasievaardighede
- Deeglike kennis van GLOBALGAP en ander gehaltebestuurstelsels.
- Die suksesvolle persoon moet oor 'n sterk persoonlikheid beskik, stelselgerig wees, ‘n spanspeler wees en onafhanklik kan funksioneer.
- Basiese agtergrond en kennis van landbou-praktyk sal voordelig wees vir aansoek.

Die suksesvolle persoon sal hoofsaaklik verantwoordelik wees vir die:
- Instandhouding & verbetering van kwaliteitstelsel
- Naspeurbaarheid van produk
- Kwaliteitbeheer van produk tydens proses
- Hantering van klagtes en “non- conformances
- Bestuur & toesighouding van personeel
- Opleiding van personeel
- Beheer van basiese praktyke soos plaagbeheer, watertoetse, higiëne ens.

Daar word ‘n markverwante vergoedingspakket met voordele eie aan die bedryf aan die pos gekoppel.

Alle aansoeke sal streng vertroulik hanteer word.

Stuur u volledige CV, met die verwysing MLKB