KWEKERYBESTUURDER - Kimberley Verfied Gold Badge

Salary Negotiable Kimberley, Northern Cape Kimberley, Northern Cape more than 14 days ago 23-06-2017 12:39:21 PM
21-08-2017 7:16:58 AM
Hierdie boerdery bedryf ’n suksesvolle pekanboom kwekery in die Vaalharts area in die Noord-Kaap. Die hoofdoel van die kwekery is die volhoubare uitset van hoë kwaliteit pekanbome, vir die verkoop aan kommersiële pekanneut boere.

KWEKERYBESTUURDER- PEKANNEUT
VAALHARTS AREA, NOORD- KAAP

Vereistes:
- Die ideale kandidaat sal kwekery en pekanboom kennis hê, ervaring met grond- en blaar analises en interpretering, kennis van peste, plae, spuitstowwe en spuittegnieke,
ervaring met besproeiing.
- ’n Landbou -of wetenskaplike kwalifikasie sal voorkeur geniet.
- Instandhouding van besproeiingstoerusting, en kennis en ervaring in verskillende ent tegnieke.
- Met gesag en respek sonder ras-voorkeur kan lei en bestuur; goeie verhoudings met werkers, kollegas, kliënte en verskaffers kan bou en in stand hou, goed kan kommunikeer,
werkers kan motiveer, en bestaande prosedures noukeurig uitvoer.
- Aandag aan detail is uiters belangrik.
- Kommunikasie vaardighede (mondeling en skriftelik) in Afrikaans en Engels is ’n vereiste, terwyl kennis van Tswana as aanbeveling sal dien.
- Geldige bestuurslisensie hê (verkieslik ook vir swaarvoertuie)
- Rekenaarvaardig wees (veral Microsoft Excel).

Pligte gaan ondermeer insluit:
- Kwekery volgens streng gedefinieerde standaarde en prosedures te bestuur
- Arbeid effektief aan te wend en te bestuur
- Kostes te beplan en te beheer
- Waarnemings en rekords te hou
- Verskaffers en kliënte te skakel
- Verslag te lewer, en om uiteindelik maksimum uitset van hoë kwaliteit bome te verseker.

Ons visie is ’n volhoubare sake onderneming, waar elke spanlid betrokke en waardevol voel. ’n Markverwante salaris en behuising word aangebied. ’n Bonus, gekoppel aan kwekery prestasie, word jaarliks betaal.

Die pos van kwekerybestuurder is beskikbaar vanaf 1 Augustus 2017.