PLAASBESTUURDER(MPSS) - Bonnievale Verfied

Salary Negotiable Bonnievale, Western Cape Bonnievale, Western Cape more than 14 days ago 29-04-2019 5:02:17 PM
24-06-2019 5:02:17 PM
Hierdie steenvrugte & sitrus produsent in die Breëderivier Vallei wat spesialiseer in die uitvoermark, beskik oor die volgende uitdagende posisies
vir dinamiese, selfgedrewe persone, met ‘n liefde vir boerdery, as deel van hul suksesvolle bestuurspan:

PLAASBESTUURDER: STEENVRUGTE & SITRUS
BREEDERIVIER VALLEI OMGEWING

Vereistes:
- Ons wag op aansoeke van energieke en hardwerkende individue wat oor goeie bestuursvaaardighede beskik, ondersteun deur minimum 5 jaar ondervinding in alle aspekte van
die verbouing van hoofsaaklik pruime en sitrus.
- Rekenaarvaardigheid, goeie menseverhoudinge, kommunikasieaardighede, die vermoë om onafhanklik te opereer
- Deeglike tegniese agtergrond van besproeiing, bemesting en bespuitings asook die implementering en toepassing van gehaltebestuurstelsels soos GLOBALGAP & SIZA.

Pligte sal hoofsaaklik insluit:
- Oorhoofse bestuur van boerdery
- Bestuur van ontwikkelings, asook kontrole en ontwikkeling van Junior Produksiebestuurder en Plaasbestuurder Assistent
- Oorhoofse bestuur oor produktiwiteit van arbeid, pakstoorbestuur, gehaltebestuur en maak van aanbevelings op tegniese gebied

‘n Toepaslike landbou kwalifikasie asook ondervinding in projekbestuur van nuwe ontwikkelings sal as sterk aanbeveling dien.

Daar word mededingende vergoedingspakket aan die poste gekoppel volgens kwalifikasie en ondervinding.

Stuur u volledige CV met verwysing MPSS voor 10 Mei 2019