Plaasbestuurder - Robertson Verfied

Salary Negotiable Robertson, Western Cape Robertson, Western Cape more than 14 days ago 16-02-2018 12:36:46 PM
13-03-2018 9:26:35 AM
PLAASBESTUURDER
(Sagtevrugte / Wyndruiwe)

Ons kliënt, geleë in die skilderagtige Robertson distrik, produseer steenvrugte en druiwe van uitstaande gehalte en beskik tans oor die bogenoemde
betrekking.

Die geskikte kandidaat is ’n passievolle jong landboukundige wat met selfvertroue en ’n verantwoordelikheidsin te werk gaan. Die posbekleër moet
goeie menseverhoudinge kan handhaaf, onafhanklik kan funksioneer en eie inisiatief kan gebruik. ’n Toepaslike na-skoolse kwalifikasie asook ondervinding van steenvrug-/wyndruifverbouing is vereistes vir die pos. Ondervinding van Globalgap, Grasp, Sieta en Wieta sal in die aansoeker se guns tel.

Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die bestuursfunksie en pligte behels onder andere: • aanplantings • bemesting • plaagbeheer
• snoeiprogramme • onkruidbeheer • gehaltebeheer • besproeiing • toesighouding en motivering van personeel • primêre/elementêre instandhouding
• administrasie en ook alle ander take verwant aan die pos.

In ruil vir jou bydrae bied ons kliënt ’n mededingende vergoedingspakket aan.