Plaasbestuurder - Stellenbosch Verfied

Salary Negotiable Stellenbosch, Western Cape Stellenbosch, Western Cape more than 14 days ago 03-03-2015 1:50:31 PM
23-03-2015 8:20:59 AM

Ernie Els Wines, geleë in die pragtige Stellenbosch Wynvallei, beskik tans oor die volgende posisie.

PLAASBESTUURDER

Ernie Els Wines benodig ’n jong energieke Plaasbestuurder met sterk interpersoonlike en leierskapsvaardighede wat ongeveer 2 tot 4 jaar ondervinding het. ’n Toepaslike na-skoolse kwalifikasie (Bsc Agric of ‘n Elsenburg Diploma) sowel as instandhouding en meganiese aanleg is verdere vereistes vir die pos.

Die suksesvolle kandidaat sal aan die Besturende Direkteur rapporteer en verantwoordelik wees vir die bestuursfunksie sowel as die volgende pligte: wingerd aanplantings, bemesting, siekte- en plaagbeheer, snoeiprogramme, druiwe voorbereiding, onkruidbeheer, personeelbestuur, boerdery administrasie , begrotingsbestuur, onderhoudsbestuur van geboue sowel as instandhouding van tuine en alle ander take verwant aan die pos.

In ruil bied Ernie Els Wines ’n mededingende vergoedingspakket aan.

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik

Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u a anvaar dat u aansoek onsuksesvol was.