Rekenkundige/Administratiewe Beampte - Stellenbosch Verfied

Salary Negotiable Stellenbosch, Western Cape Stellenbosch, Western Cape more than 14 days ago 24-03-2017 7:35:09 AM
12-04-2017 10:29:35 AM
WILD CLOVER BREWERIES, ’n boetiek brouery geleë in die pragtige Stellenbosch area, beskik tans oor die volgende betrekking.

Rekenkundige/ Administratiewe Beampte

Die suksesvolle kandidaat is ‘n lojale, gestruktureerde en emosioneel intelligente persoon met ‘n aanvoeling vir besigheidsbeginsels wat onafhanklik en in spanverband binne ‘n klein dinamiese omgewing gaan werk. ‘n B. Comm graad met voltooide SAIPA klerkskap ondersteun deur ten minste 4 jaar ondervinding is ‘n voorvereiste vir die pos, terwyl rekenaargeletterheid in Pastel en volle tweetaligheid verdere vereistes is.

Die suksesvolle aansoeker sal primêr verantwoordelik wees vir: ? alle rekeningkundige en administratiewe pligte wat van toepassing is op verskillende operasionele aktiwiteite en prosesse (bierbrouery, feeste, handelsarea) ? proseskoste-vaslegging van die broustelsel ? bestellings ? voorraadbeheer en kontroles, ? lone ? debiteure en krediteure ? BTW-berekeninge en -rekonsiliasies. Die posbekleër sal ook dinamies wees in die opstelling van stelsels en kontroles, die verfyning en verdere ontwikkelling daarvan, asook byhou van effektiewe werkspapiere vir nasien deur die finansiële bestuurder. Daar kan ook van die posbeklieër verwag word om van tyd tot tyd betrokke te wees by logistiek, bemarking en verkope.

In ruil vir u bydrae bied Wild Clover Breweries ’n mededingende vergoedingspakket aan.