Rekenmeester - Wellington Verfied

Salary Negotiable Wellington, Western Cape Wellington, Western Cape more than 14 days ago 07-08-2014 11:29:25 AM
27-08-2014 6:50:37 AM
Indien u ’n goeie spanpersoon is met ’n sistematiese, professionele benadering en oor
goeie rekeningkundige, kommunikasie- en tydsbestuurvaardighede beskik, sal hierdie
’n stimulerende loopbaanskuif na ’n goedgevestigde onderneming wees.

REKENMEESTER

Bosman Adama, ’n gevestigde boerdery-onderneming in Wellington, beskik tans
oor bogenoemde posisie. Die suksesvolle aansoeker moet ten volle tweetalig
wees, organisatories, onder druk en baie noukeurig kan werk, asook oor ’n sterk
aanleg vir finansies beskik. ’n Toepaslike rekeningkundige kwalifikasie (BComm),
2 tot 3 jaar ondervinding in ’n soortgelyke betrekking, asook rekenaarvaardigheid
(Pastel Evolution, E-filing, Easyfile, MS Excel), is verdere vereistes vir die pos. ’n
Voltooide Klerkskap sal in die aansoeker se guns tel.

Die suksesvolle aansoeker sal aan die Finansiële Bestuurder rapporteer en primêr
verantwoordelik wees vir: • die teboekstelling van bankstate en nagaan van kleinkaste
• nagaan, rekonsiliëring en betaling van krediteure • rekonsiliëring van debiteure
en debiteure-invordering • nakoming van gereelde statutêre indiening • byhou van
Evolution-rekordhouding asook Fairtrade Finansies • alle ander administratiewe en
finansiële funksies verwant tot die pos.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik

Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.