SENIOR PRODUKSIEBESTUURDER; TAFELDRUIWE (MBLS) - Piketberg Verfied

Salary Negotiable Piketberg, Western Cape Piketberg, Western Cape more than 14 days ago 21-02-2018 2:33:38 PM
06-04-2018 6:40:15 AM
Ons kliënt, ‘n gevestigde tafeldruif boerdery groep bied ? uitdagende loopbaan geleentheid aan ? energieke, dinamiese persoon met dryfkrag in pos as:

SENIOR PRODUKSIEBESTUURDER; TAFELDRUIWE
PIKETBERG OMGEWING

Vereistes:
- Hardwerkende, selfgedrewe individue met ‘n liefde vir boerdery ondersteun deur ? suksesvolle rekord van minimum 8 jaar bewese bestuursondervinding in alle aspekte van
tafeldruif verbouing.
- Goeie menseverhoudinge en bo-gemiddelde kommunikasievaardighede
- Vermoë om onder druk te kan funksioneer
- Deeglike kennis van besproeiing, bemesting, bespuitings en gehaltebestuurstelsels, ondersteun deur basiese tegniese en meganiese kennis.
- ? Toepaslike landbou kwalifikasie sal as verdere aanbeveling dien.

Pligte:
- Die applikant sal onder hoofbestuur verantwoordelik wees vir die onafhanklike bestuur van ‘n 50-60 Ha produksie eenheid wat insluit alle aspekte van
produksie-, arbeids-, pakhuis- en gehaltebestuur.

Daar word ? markverwante vergoedingspakket met voordele, eie aan die bedryf aangebied.