SKAKELBEAMPTE/ PROELOKAALASSISTENT - Stellenbosch Verfied

Salary Negotiable Stellenbosch, Western Cape Stellenbosch, Western Cape more than 14 days ago 24-10-2014 11:50:31 AM
21-11-2014 11:50:31 AM
SKAKELBEAMPTE/PROELOKAALASSISTENT

Stellenbosch Hills, geleë buite Stellenbosch, benodig ’n vlot tweetalige persoon (Afrikaans en Engels) wat goed met mense op alle vlakke kan kommunikeer. Verdere vereistes vir die pos is ’n toepaslike naskoolse kwalifi kasie en rekenaarvaardighede. Vorige toepaslike ondervinding in die wynbedryf sal in die aansoeker se guns tel.

Die suksesvolle kandidaat se veelvuldige pligte behels onder meer: • ontvangs en skakelbord • koördinering en reël van promosies en wynfeeste • wynverkope • die aanbied van formele en informele wynproeë • skakeling met kliënte en alle ander belangegroepe • bemarkings- en
skakelaktiwiteite • alle administratiewe pligte verwant aan die pos.

In ruil vir u bydrae bied Stellenbosch Hills ’n mededingende vergoedingspakket.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik.

Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan uaanvaar dat u aansoek onsuksesvol was